Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Vermaak
Boere gesoek om vlerk te kom sleep

kykNET soek na boere om in te skryf vir die 2019- Boer Soek ’n Vrou-reeks.

Dié werklikheidsreeks het immers al sedert 2007 vir talle Suid-Afrikaanse boere liefde gevind en in die afgelope reeks het die boere-Kupido se pyle vir Réan en Rox-Zee, asook vir Toanette en Nardus, getref.

Boonop het die liefde intussen vir een van 2018 se ander TV-boere geblom. André het die oog van Monja gevang, wat in 2015 se reeks by een van die boere vlerk gesleep het.

Nou soek kykNET 2019 se oes van boere of plaasbestuurders, manlik of vroulik, wat deel van die twaalfde seisoen wil wees.

Die gewilde sangeres Leah is terug as aanbieder van Boer Soek ’n Vrou.

Boere kan op die volgende maniere inskryf:

• Besoek www.kyknet.tv of http://bit.ly/boer2019 waar jy óf aanlyn kan inskryf óf ’n inskryfvorm kan aflaai.

• Bel Marche Media by 079 335 5137.

• Stuur e-pos na boer@marche.media.

Belangrike inligting:

• Foto’s en afskrifte van identiteitsdokumente moet inskrywings vergesel. Deelnemers moet ongetroud en ouer as 21 wees.

• Inskrywings moet kykNET Vrydag 22 Maart 2019 voor middernag bereik.

• Die tien gekose boere sal teen 19 April 2019 in kennis gestel word.

• Hou kykNET se sosiale media of die media dop vir die aankondiging oor 2019 se topboere. Moontlike pasmaats sal dan hul beurt kry om aan dié boere te skryf.

• Die twaalfde reeks word van Oktober af op kykNET uitgesaai.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Weslander Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.