Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Vermaak
Boontjiesop met beesvleis

’n Bak stomende sop en ’n sny warm, varsgebakte brood is die beste winterkos.

. 1 pak (500 g) droëbone, oornag in koue water geweek

. 2 liter kookwater

. 1 kg stowebeesvleis met bene, in stukkies gesny

. Sout en vars gemaalde swartpeper

. 45 ml olie

. 2 groot uie, gekap

. 10 ml fyngekapte, vars knoffel

. 45 ml tamatiepasta

. 2 liter beesvleisaftreksel

. 125-250 ml suurroom

. 60 ml gekapte, vars pietersielie

Dreineer die geweekte bone en sit dit in ’n kastrol saam met die kookwater. Verhit tot kookpunt en laat prut totdat die bone sag is.

Geur die beesvleis goed met sout en peper. Verhit die olie in ’n groot kastrol en braai die vleis daarin bruin. Voeg die uie by en braai verder tot die uie sag is. Voeg die knoffel en tamatiepasta by en braai vir ongeveer vyf minute totdat die tamatiepasta goed gebraai is.

Voeg die aftreksel by en verhit tot kookpunt. Laat prut vir 2 uur, of totdat die vleis baie sag is en van die bene af val. Verwyder die bene en sny die vleis kleiner.

Voeg die boontjies, in die water waarin dit gekook is, by die vleismengsel. Voeg nog ’n bietjie aftreksel by as die sop te dik is.

Geur na smaak met sout en peper. Kook die sop deur vir ongeveer 30 minute. Roer ’n paar lepels suurroom deur en rond af met gekapte, vars pietersielie.

Lewer agt porsies.
. Bron: Arina du Plessis, Landbou

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Weslander Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.