Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Vermaak
Bruid van die Jaar – spogpryse wag op wenners

Weslander en Weskus Mall se sesde Bruid van die Jaar vir die tydperk Julie 2017 tot Junie 2018 sal in Oktober gekroon word.

Kom in aanmerking om as die mooiste bruid in die Weskus gekroon te word en wen spogpryse.

Die Bruid van die Jaar gaan wegstap met, onder meer ’n naweek vir twee by die vierster Commodore Hotel in die Waterfront, wat ontbyt insluit, kontant van Nedbank, pamperlangsessies by La Vita Spa te Club Mykonos en koopbewyse van Weskus Mall.

Die eerste naaswenner kry oornagverblyf vir twee en ontbyt by die spoggerige Russels on the Port-gastehuis in Port Owen, koopbewyse van De Jagers Uitrusters en koopbewyse van Weskus Mall.

Die tweede naaswenner kry oornagverblyf vir twee by Langebaan Country Estate, ’n romantiese aandete en bottel wyn by LCE se Horizon Restaurant, koopbewyse van De Jagers Uitrusters en koopbewyse van Weskus Mall.

Tyd raak min om in te skryf:

Bruide wat in die tydperk tussen 1 Julie 2017 en 30 Junie 2018 getrou het, mag vir die kompetisie in­skryf.

Alle inskry­wings moet die organi­seer­ders teen 31 Augustus bereik. Onthou, daar is slegs plek vir 12 finaliste.

Net bruide wat binne Weslander se versprei­dings­gebied woon, mag deelneem. Die twaalf finaliste sal weer hul trourokke by die gala-geleentheid in Oktober dra. Die vroue wat hul rokke gehuur het, moet op eie koste sorg dat hulle weer ’n trourok het om in deel te neem.

Hoe skryf ek in?

’n Voltooide inskrywings­vorm en drie foto’s: ’n vollengtefoto van die bruid op haar troudag, een waar ons die bruid se gesig beter kan sien en ook ’n foto van die bruid en die bruidegom moet saam met ’n inskrywings­vorm teen die sper­datum aan

Weslander gestuur word. Inskrywings kos R250. Inskrywingsvorms kan bekom word deur ’n e-pos te stuur na nuus@weslander.co.za, of bel Trish by 022 713 1251 of Joanne by 022 703 6900 vir navrae.

Nuwe kompetisie vir troufotograwe

Weslander en Weskus Mall is opgewonde om ’n nuwe kompetisie vir troufotograwe bekend te stel.

Vroue wat inskryf vir Bruid van die Jaar moet hul fotograwe se besonderhede op die vorm verskaf.

By die gala sal ’n prys aan die beste fotograaf toegeken word en die bruid wie se troufotograaf wen, sal ook ’n prys kry.

Troufotograwe kan ook hul bruide nomineer vir inskrywings. Die beste fotograaf sal gekies word uit al die inskrywings se foto’s, nie net uit die 12 finaliste se foto’s nie.

Top-12 word vroeg in September gekies

Hier is foto’s van ’n paar van die sprankelende skoonhede wat vir die kompetisie ingeskryf het op hul spesiale dae.

Hierdie vroue sal ook in aanmerking kom vir ’n plek in die top- 12 (wat vroeg in September aangewys sal word). Die top-12 sal in Oktober aan die gala by Weskus Mall deelneem.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Weslander Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.