Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Vermaak
Eerste volmaanpiekniek van seisoen gehou

Die Afrikaanse Taalmuseum en -monu­ment nooi almal om die eerste volmaan­piekniek van die seisoen Vrydag 30 Oktober te kom vier.

Dié pieknieks is baie gewild onder plaaslike inwoners en toeriste, wat veral die sonsondergang en pragtige naguitsig oor die vallei geniet. Besoekers kan enige tyd tussen 17:00 en 22:00 kom piekniek hou en die monument, ’n simbool belaaide beeldhouwerk sonder weerga, besigtig. Besoekers word ook aange­moedig om die omgewing te verken terwyl kinders buitelug-speletjies kan speel en speelparke gebruik.

Gaste is welkom om hul eie piekniek­mandjies te bring of een by die Oppi Berg Mobile Café by 060 382 9938 (R250 per paartjie, R450 per gesin van vier) te bestel. Onthou warm klere en ’n flits, asook jou masker (besoek www.taalmuseum.co.za/covid-19/).

Toegang beloop R40 per volwassene, R10 vir SA studente en pensioentrekkers en R5 vir kinders (gratis onder ses jaar). Kaartjies is beskikbaar by Computicket.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Weslander Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.