Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Vermaak
Gebraaide snoek met pietersielie-en-suurlemoenbotter

Pietersielie-suurlemoenbotter
250 g botter
50 ml fyngekapte, vars pietersielie
5 ml fyngekapte, vars roosmaryn­blaar­tjies
Fyngerasperde skil en sap van 1 suurlemoen
Vars gemaalde swartpeper
Snoek
Botter, vir braai
1 skoongemaakte, gevlekte snoek Suurlemoenskywe
Sout en vars gemaalde swartpeper na smaak


Metode:

Maak eers die suurlemoenbotter. Klop die botter, pietersielie, roosma­ryn, suurlemoenskil en -sap en swartpeper na smaak saam tot goed gemeng. Skep dit op ’n dubbele vel waspapier en vorm in ’n rol. Draai stewig toe en verkoel tot ferm. (Die botter kan ook gevries word.) Sit ’n groot vlekvryestaalpan (groot genoeg vir ’n oopgevlekte snoek om in te pas) op ’n lae staander oor matige kole. Smelt ’n stuk botter in die pan en sit die snoek met die velkant na onder op die botter. Geur die snoek met grof gemaalde sout en swartpeper. Sny ’n paar dun skywe van die pietersieliebotter af en pak dit op die vis saam met ’n paar suurlemoenskyfies. Bedek die vis met foelie en bak vir ongeveer 20 minute oor die kole tot die snoek gaar is en maklik vlok. Sit voor met gebakte patats, plaasbrood en korrelkonfyt. Lewer 6-8 porsies.
Ter viering van Braaimaand kan een gelukkige Weslander-leser ’n kopie van JanBraai se nuwe boek, Vuurwarm, wen. Stuur gerus jou gunsteling-braairesep na 33673 om in aanmerking te kom vir die prys. Bepalings en voorwaardes geld. Kompetisie sluit Donderdag 20 September.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Weslander Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.