Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Vermaak
Geskroeide steak met aartappels
  • Bestanddele 30 ml (2 e) olyfolie 10 ml (2 t) seesout­vlokkies 5 ml (1 t) gedroogde origanum STEAK 4 x 200 g steaks 4 knoffelhuisies, fyngedruk 5 ml (1 t) komynsaadjies 10 ml (2 t) gedroogde origanum 5 ml (1 t) gerookte of gewone paprika 2,5 ml (½ t) rooipeper 1 ml (¼ t) neutmuskaat 5 ml (1 t) vars gemaalde peper 5 ml (1 t) seesoutvlokkies of 2,5 ml (½ t) tafelsout 15 ml (1 e) olyfolie Metode 20 min. Haal die steak vooraf uit die yskas sodat dit kamertemperatuur is voor dit gaargemaak word. Voorverhit die oond tot 200 °C. Smeer ’n bakplaat met ’n bietjie olyfolie. Maak ’n braaivuur en sorg dat daar genoeg kole is. Aartappels: Sny die aartappels in dun repies sonder om dit deur te sny sodat elke aartappel soos ’n konsertina lyk. Pak die aartappels op die bereide bakplaat en drup die olie oor – maak seker die olie kom tussen die skyfies in die aartappels ook in. Sprinkel die sout en origanum oor en sit die aartappels in die oond. Rooster 40-45 min. of tot goudbruin en gaar. Steak: Meng die knoffel en al die kruie en speserye goed. Vryf ruimskoots oor die steak en drup die olie oor. Smeer die olie oraloor die steak. Pak die steaks op ’n rooster en braai 2 min. per kant laag oor die kole of tot gaar soos verkies. Pak die steaks op ’n bord en laat rus 5-10 min. Sit voor saam met die aartappels.Hierdie resep is uit die boek Smulkos, ’n samestelling van meer as 100 van Esther Malan, Huisgenoot se assistentkosredakteur, se gunsteling­resepte wat sy oor sewe jaar hier ontwikkel het. Hou Weslander se Facebookblad dop tussen 21 Maart en 4 April om uit te vind hoe jy ’n kopie van dié boek kan wen.
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Weslander Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.