Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Vermaak
Gewilde Hopefield-plaasmark trek

Die gewilde Hopefield-plaas­mark wat elke Saterdag­oggend besoekers van wyd en syd – selfs van so ver as Kaapstad – lok, het van 5 Desember ’n nuwe perseel.

Dié mark, ’n trotse Hopefield-gemeenskapsprojek sedert 2011, wat al etlike jare by die Merry Widow Country Retreat en meer onlangs by die NG gemeente se kerkperseel in Kerkstraat gehou is, sal eersdaags na ’n permanente perseel verhuis, die Riverside Barn wat spesiaal vir die doel van die mark by Rivierstraat 38 gebou is.

Verskeie plaaslike inwoners en sakeondernemings het ingespring met hande-arbeid, en donasies om van die nuwe perseel – ’n droom wat al lank aankom – ’n werklikheid te maak. Die nuwe perseel word gesubsidieer en al die buite-tafels, sitplek vir besoekers, plante, skadunet, blompotte, bale, kussings en bemarking word moontlik gemaak deur vrywilligers se geld en tyd.

Besoekers kan steeds verwag om die beste gehalte plaasvars- en tuisgemaakte produkte by die mark te kry, maar daar gaan voortaan selfs ’n groter verskeidenheid kos en produkte beskikbaar wees. Bring jou gesin en kom geniet ’n heerlike plattelandse uitstappie. Die Madonna-restaurant op dieselfde perseel, wat slegs op markdae oop is, bedien ontbyt en moerkoffie op ’n lekker lang kuierstoep, voor die mark 10:00 oopmaak.

Koop dan na hartelus by die mark, proe en kuier om die marktafels onder skadunette. Diegene wat steeds honger is, kan dan weer by die restaurant gaan aanklop vir ’n luilekker-braaimiddagete. Die restaurant ondersteun slegs plaaslike verskaffers en koop ook meeste van sy bestanddele by die mark. Gaste mag hul eie koelbokse met drankies saambring.

Die projek het ook onlangs ’n paar skoolseuns van Hopefield Primêr betrek om Saterdae te help parkering aanwys en sal besoekers bystaan om hul inkopies na hul motors te dra. Ondersteun hulle gerus met ’n fooitjie. Die mark vind elke Saterdag van 10:00 tot 14:00 plaas. Komende Saterdag 28 November is die laaste markdag by die ou perseel.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Weslander Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.