Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Vermaak
Groenboontjiebredie

Jy het nie baie (of duur) vleis nodig om hierdie treffer te maak nie – sorg net dat daar ’n vetjie aan is.

Bestanddele:

. 350 g stowe­skaapvleis, in stukkies gesny (ek gebruik graag rib)

. Sout en vars gemaalde swart­peper

. 30 ml olie

. 2 uie, grof gekap

. 5 ml gemaalde koljander

. Water

. 4 aartappels, geskil en in kwarte gesny

. 400 g groenbone, skoongemaak en gekerf

. Skeut vars suurlemoensap

Metode:

Geur die vleis met sout en peper en braai dit bruin in die olie in ’n swaarboomkastrol. Voeg die uie en koljander by en braai dit saam met die vleis vir ongeveer drie minute, of tot die uie begin sag word. Voeg genoeg water by om die vleis heeltemal te bedek. Verhit tot kookpunt, draai die stoofplaat laag en prut die vleis stadig vir sowat 90 minute, of tot die vleis sag is. (Kyk dat daar deurentyd genoeg vloeistof in die kastrol is.) Voeg die aartappels en boontjies by en geur liggies met sout en peper, maar moenie roer nie. Verhit weer tot kookpunt, bedek die kastrol en prut vir 30-40 minute tot die aartappels en boontjies gaar is. Gee nou eers die bredie ’n roer, geur na smaak, en laat prut vir ’n verdere 10-15 minute. Rond af met ’n skeut vars suurlemoensap. Lewer 4-6 porsies.

. Bron:Arina du Plessis, Landbouweekblad

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Weslander Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.