Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Vermaak
Hopefield én Darling blom

Maak gereed vir twee van die grootste blommeskoue in die streek.

Die jaarlikse Hopefield-fynbosskou hou groot belofte in om vandeesmaand ’n hoogtepunt op dié dorp se kalender te wees.

Die skou, tussen 30 Augustus en 2 September, word op die Hoërskool Hopefield se sportveld gehou. Stalletjies, pret vir die kleinspan en allerhande kontreikos kan verwag word.

Aanstaande maand is dit tyd vir die Darling-veldblomskou wat Vrydag 14 September met die tema “Bewaring en die volgende generasie” gehou word. Dié blommeskou is een van die oudstes in die land.

Blomme van die Renosterveld, Rietveld, Sandveld en Strandveld sal in Darling ten toon gestel word.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Weslander Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.