Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Vermaak
Inskrywings nóú oop om op ‘Glam Guru’ te verskyn

Die nuwe reeks van Glam Guru is Sondag 7 April terug op die kassie.

Die koning van voorkomsverandering, Hannon Bothma, gee verskeie deelnemers se selfvertroue ’n hupstoot. Hy wys hoe maklik dit is om mooi te lyk met ’n paar eenvoudige styl- en grimeerwenke.

In die 16 de reeks sorg Hannon vir pragtige transformasies. Van ’n vrou met ’n swak selfbeeld wat as kind geboelie is en ’n enkelma van twee tieners wat gereed is om liefde te vind tot ’n jong weduwee wat haar sangloopbaan van die grond af wil kry en iemand met ’n outo-imuunsiekte wat nie ’n siek persoon in die spieël wil sien nie – daar is geen uitdaging te groot vir Hannon nie!

Hannon en sy Glam Guru-span is ook op soek na kykers wat graag splinternuut gemaak wil word op sy gewilde TV-program op kykNET.

Hannon is bekend as ’n man van skoonheid en styl en is al ’n super-stilis en die “man van wonderwerke” genoem. Nou kry jy die geleentheid om dalk een van die gelukkiges te wees! Jy kan self inskryf of iemand benoem.

Wat moet jy doen? . Stuur ’n e-posboodskap aan glamguru@hannon.co.za met jou naam, van, adres en telefoonnommer.

. Heg ’n vollengte-foto sowel as ’n gesigfoto aan van jouself of die persoon wat jy graag wil inskryf. Die foto mag nie ouer as ’n maand wees nie. Duidelike selfoonfoto’s is ideaal.

. Gebruik jou naam en “Glam Guru-inskrywing” in die onderwerp­veld.

. Suksesvolle kandidate sal genooi word vir ’n persoonlike onderhoud met Hannon in Johannesburg.

. Die eerste onderhoude het reeds begin, so skryf so spoedig as moontlik in.Die fynskrif

. Geen korrespondensie sal gevoer word indien jou aansoek nie suksesvol is nie.

. Inskrywings is reeds oop en jy het kans om in te skryf tot 25 Maart.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Weslander Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.