Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Vermaak
Jannie sing Marie se liedjies

Jannie du Toit vertrek eersdaags op ’n toer (1-22 Desem­ber) met die liedjies van die legendariese Marie Tredoux van Jacobsbaai aan die Weskus.

Dié verhoog-produksie dra die naam van een van Marie se mooiste liedjies, waarvan die teks deur haar oorlede wederhelf, Nic Tredoux, geskryf is: Die Maan deur ’n gaatjie in die nag.

Jannie word vergesel deur Chanie Jonker (klavier en akkordeon) en Annelie du Plessis-Hoberg (fluit en ’n paar ander instrumente, soos die trompie).

Die enigmatiese Dana Snyman dra tot die produksie by met stukkies prosa wat as bindteks gebruik word en die logo is geteken deur die bekende illustrasiekunstenaar Piet Grobler.

Optredes vind soos volg plaas:. Vrydag 4 Desember: Elandsbaai, Vensterklip: 022 972 1340,. Saterdag 5 Desember: Jacobsbaai, Ysterkoei-teaterhuis: 082 875 0087.. Sondag 6 Desember: Yzerfontein, Yzerfontein-klub: 066 211 8717,. Dinsdag 8 Desember: Langebaan, Keys to Heaven: 073 598 6573,. Donderdag 10 Desember: Velddrif, Riviera Hotel: 022 783 1137,. Dinsdag 15 Desember: Paternoster, Die Koelkamers-teater: 082 554 0775, janmalan@janmalan.com, 022 75222084, 0641192942.

Besoek www.janniedutoit.com vir nog inligting en skakel gerus die bogenoemde persele oor die onderskeie uitvoerings se kaartjiepryse en tye.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Weslander Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.