Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Vermaak
Kom dans saam met Klipwerf

Bakgat Promosies is reeds jare lank ’n gerespekteerde naam in Suid-Afrikaanse musiekkringe en het onlangs weer die baie suksesvolle Country-opskop met Lance James, Barbara Ray, Tommy Dell en ander bekendes in die GrandWest aangebied.

Weslander-lesers het nou ’n kans om kaartjies vir die nuutste Bakgat-aanbieding met Die Klipwerforkes te wen.

Stof die skoene af en maak reg vir die Klipwerforkes se vertoning vandeesmaand, Saterdag 18 Augustus, by GrandWest in Goodwood.

Die makietie is terselfdertyd ’n geldinsameling vir klein Keanu, ’n tweejarige seuntjie van Brackenfell, wat dringend mediese hulp oorsee nodig het.

Kaartjies is beskikbaar by Computicket en kos R150.

Tafels kan bespreek word.

Die gewildste musiek van die orkes sal by die partytjie gespeel word. Bespreek nou jou plek.

Die Klipwerforkes verkoop die meeste CD’s in SA.

Twee Weslander-lesers het die kans om dubbelkaartjies vir die Klipwerf-orkes se dans te wen. Stuur ’n SMS na 33673 met jou volle naam en dorp voor Donderdag 16 Augustus.

SMS’e kos R1,50.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Weslander Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.