Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Vermaak
Koringberg-funduro beloof pret vir almal

Die NG gemeente Koringberg bied vanjaar 30 Maart weer die Funduro-pretrit by die gemeenskapsaal in Koringberg aan.

Ongeveer 300 tweewiel- en vierwiel-motorfietsryers neem jaarliks aan dié dag deel.

Vanjaar se pretrit het weer drie roetes. Al die roetes begin by die gemeen­skapsaal en loop tot op Koringberg se kruin, waarna dit verdeel word in twee verskillende roetes wat strek oor die landbougrond in die Koringberggebied.

Die rooi roete toets heelwat vaardighede. En dan is daar ook ’n roete vir die avontuurlustige ryers wat uit die rooi roete loop. Die groen roete is nie net ’n skilderagtige roete nie, maar gee ook ’n geleentheid vir die jongspan en die minder ervare ryers om deel te neem.

Deelnemers kan die onderskeie roetes soveel keer ry soos hulle wil tot en met die afsnytyd. Daar is mediese dienste en bystand met gebreekte motorfietse beskikbaar. Na afloop van die pretrit kry ryers die geleentheid om deel te neem aan die gelukkige trekking.

Die dag is ’n groot fees met lekker musiek, gesellige saamkuier en die NG gemeente Koringberg se vroue sorg dat die ryers iets het om die honger te stil en dors te les.

Kostes beloop R200 per ryer (volwassenes en kinders) en R100 per passasier. Registrasie begin om 08:00 en sluit om 09:30.

Kontak vir Pieter Steyn by 083 284 4293 of pieter@duratek.co.za vir enige navrae.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Weslander Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.