Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Vermaak
Lekker pryse en wyn by Spore opi Sand

Wou jy altyd 5 km gaan stap of draf maar het nooit die regte motivering gehad nie?

Nou is die geleentheid om in te skryf vir die Spore opi Sand-Wine Run/Walk wat Saterdag 27 April by die Plaasmol-padstal langs die R45 naby Hopefield gaan plaasvind.

Die 5 km-pretloop gaan gepaard met die Spore opi Sand-fees, wat hope vermaak gaan bring met verskeie gaskunstenaars wat ook dié dag sal optree.

Stalletjies sal oral met die 5 km-roete langs opgerig word waar deelnemers kan stop om wyn te proe.

Kosstokkies sal ook op die roete beskikbaar wees om aan te peusel.

Die verrigtinge begin 14:00 en kaartjies vir die draf/stap kan by die hek gekoop word teen R50. Dit sluit toegang tot die Spore Opi Sand-fees in. Kinders onder 18 jaar betaal R15 (sluit ook toegang tot die fees in).

Alkohol sal nié aan onder 18’s bedien word nie.

Deelnemers sal ook ’n geskenkpak en medalje ontvang. Verskeie gelukstrekkings sal op die dag plaasvind.. Vir nog inligting oor die dag se verrigtinge, bel Jessica Bosman by 079 849 8001 of Fransie Rossouw by 074 924 8478. Besoek ook die Facebookblad by West Coast Events of stuur ’n e-pos na: jessicabosman88@gmail.com.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Weslander Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.