Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Vermaak
Loer deur Weskusvensters

Weskussers sal Saterdag 25 Augustus die geleentheid kry om tien van die Weskus se spoghuise van binne te bekyk.

Curro Langebaan bied vanjaar die eerste keer die program “Vensters” aan waarin huiseienaars hul wonings vir die publiek oopstel.

Elke huis spreek van die gasvrou se unieke leefstyl, die huis se binneruimaspekte en argitektuur en ’n goeie tuinuitleg. Die wonings is geleë in Saldanha, Jacobsbaai, Paternoster en Vredenburg. Op die roete sal besoekers koek en tee by Café Grace (sluit om 13:00) in Vredenburg en Charlie’s Deli in Jacobsbaai (sluit 15:00) kan koop. Elkeen is verantwoordelik vir sy of haar eie rekening.

Kom geniet dié klein avontuur en die geleentheid om die verskillende Weskusleefstyle te waardeer.

Kaartjies kos R100 by Curro Langebaan, Café Grace (Vredenburg) en Charlie’s Deli (Jacobsbaai) asook by die wonings op skou.

Chas Everitt-borde sal die wonings aanwys.

Bel Hanneli by 082 875 0087, Ingrid by 079 896 4340, Marietjie by 082 399 7124 of Wilna by 082 843 7807 vir nog inligting.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Weslander Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.