Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Vermaak
‘Maak my Famous’ gou weer op kassie

As jy dink die eerste reeks van kykNET se talentkompetisie, Maak my famous, was van topgehalte, dan is jy nie gereed vir die drama en vermaak wat die tweede reeks bied nie!

Emo Adams en sy medeaanbieder, Tarryn Lamb, is binnekort terug op jou kassie om die beste talent aan jou voor te stel.

Met meer as 8 000 inskrywings het Emo en die program se mentors ’n strawwe taak gehad om die top-48 te kies.

“Daar is so baie nuwe dinge wat in dié reeks gebeur. Ons stel ’n heeltemal nuwe kategorie voor, die groepe-en-rymkletsers-kategorie, en dié deelnemers is amazing! En dan of course is daar bietjie drama rondom die Emo-ticket.

“Gebruik ek hulle almal? Daarvoor sal julle die program moet check!” skerts Emo.

Allistair Isobell, Nur Abrahams en Charlton Daniels keer oudergewoonte terug as mentors – en hierdie jaar is die aktrise en sanger Rushney Ferguson ook deel van hul span.

Rushney sal optree as die kompetisie se choreograaf en is bekend vir haar rolle in David Kramer se teaterproduksies asook kykNET se nuutste misdaadreeks, Projek Dina.

Ons gaan nie net hierdie seisoen suid, oos, wes en noord nie, maar hierdie jaar het ons drie deelnemers van Namibië!

Van die jongste deelnemer, ’n danser van Uitsig, tot die oudste deelnemer van die Paarl wat ’n operasanger is, is almal gereed om jou te laat regop sit voor die kassie.

“Die talentkompetisie gaan oor geleenthede en tweede kanse. Ek gee vir jou ’n platform, maar wat jy doen met 90 sekondes hang van jou af.

“En die beste manier om dit te doen, is rehearse, rehearse en rehearse tot dit vir jou second nature is,” sê Emo.

Die talent wissel van dansers en rymkletsers tot operasangers. Ons het hierdie jaar selfs ’n groot familie-affêre. Ontmoet die top-48 hier.

. Skakel 29 April om 20:00 in op kykNET, DStv-kanaal 144 en om 21:00 op kykNET&kie DStv-kanaal 145 om die aksie dop te hou!

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Weslander Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.