Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Vermaak
Soetpatatnessies

Bestanddele:

3-4 middelslag-soetpatats, geskrop

4 eetlepels klapperolie of botter

1 teelepel komynsaad

8 eiers

1 koppie pecorino- of sterk cheddarkaas, gerasper

sout na smaak

swartpeper na smaak

Metode:

Die gebraaide soetpatat vorm ’n bros nes wat jy eier en al uitskep.

1. Rasper die soetpatats grof. Verhit vier individuele klein pannetjies of een groot, wye pan tot warm en smelt die klapperolie daarin.

2. Roer die soetpatat en komyn daardeur en roerbraai dit tot plek-plek bros.

3. Maak nou agt gaatjies (of twee per klein pannetjie) in die gaar soetpatat en breek ’n eier in elkeen. Sprinkel die kaas oor en bak die eier totdat die wit gestol het en die geel na jou smaak is. Wikkel die soetpatatkoek wat gevorm het, los van die pan en skep dit met die eier en al op ’n bord, of sit dit sommer net so in die pan voor.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Weslander Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.