Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Vermaak
Vroue van Atlantis hou groot makietie

Die Weskus-erfenisfeesmakietie word Saterdag 22 September die sewende keer by die Visserye-museum by die Laaiplek-hotelterrein gehou.

Vanjaar is die tema van die feesmakietie “Toeka tot nou”.

Die dag hou groot belofte in vir hope vermaak vir van kleinboet tot ouma en oupa en sluit verskeie sangers asook die rieldansers en ’n oggendtee in.

Die plaaslike leeskring beplan die oggendtee saam met die vroue van Atlantis.

Die Vroue van Atlantis is ’n samevatting van 12 ongelooflike vroue: Francis Brown, Mary-Ann Cedras, Chrissie Cloete, Mandy Jonker, Christine Lewis, Sylvia Losper, Lenie Maya, Carol Muller, Sillene Oppel, Olivia Pharo, Mary Tenggren en Rachel Watson, wat ’n verskil maak tussen bendes, werkloosheid en die koeëls.

Die uitgewers van die boek, Lapa, meen die boek is ’n moet-lees vir almal wat glo dat liefde en geloof nog ’n verskil kán maak.

“Atlantis aan die Weskus was die geesteskind van ’n vorige regering se ‘desentralisasie­beleid’, maar is tans die toonvenster van ontheemding.

“Uit hierdie wanhoop brand hierdie 12 vroue se stories soos fakkels in ’n lang, donker nag.”

Van die vroue sal die oggend 10:00 hul stories met die gehoor deel.

Die koste is R50 en sluit verversings in.

. Bel Elsje van der Linde by 072 608 9476 of Felicity Strohfeldt by 082 849 9251/022 783 2531 vir meer inligting of om plek te bespreek.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Weslander Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.