Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Weslander
Weermaglede vasgetrek met ‘aaptwak’ in voertuig
Vier lede van die SA weermag se spesiale eenheid i

Vier lede van die Suid-Afrikaanse Weermag se 4 Spesiale Magte is Vrydag 6 November in die vroeë oggendure met ’n groot hoeveelheid dagga naby Melkbosstrand betrap. 

Die vier, wat in Langebaan gestasioneer is, se voertuig is ná ’n jaagtog by die Melkbos-afdraai tot stilstand gedwing. Die vier lede was vermoedelik op pad huis toe, toe hulle die duur aaptwak in ’n weermagvoertuig vervoer het. Volgens kapt. Liza Munro, ’n woordvoerder van die Atlantis-polisie, is die voertuig in die oggendure op die R27 (Weskus-pad) deur lede van Atlantis-polisie opgemerk.

Sy sê die polisiebeamptes het eers vermoed dit is perlemoensmokkelaars en het agterdogtig geraak toe die soldate voet in die hoek sit. Die troepe is egter naby Duynefontein deur die polisie ingewag, maar het deur die padblokkade gejaag. Die polisie het  verskeie skote op die wegjaende motor gevuur. Die verdagte voertuig is later by die Melkbos-afdraai tot stilstand gedwing en dagga met ’n straatwaarde van sowat R50 000 is in die weermagvoertuig gevind. Die vier het Maandag (9 November) in die Atlantis-landdroshof op aanklag van handel in dwelms verskyn en die bestuurder is ook aangekla van poging tot moord en roekelose bestuur. Die verdagtes – Vuyani Bara (51), Ntozamo Daweti (35), Garfield Daniels (33) en Yonela Mkhona (30) – is elk op R2 000-borgtog vrygelaat en moet op 10 Desember weer in die hof verskyn

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Weslander Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.