Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Orgaanskenking: red ’n ander lewe

Daar is twee dinge waaroor ons seker kan wees in die lewe; jy word gebore en jy gaan sterf.

Ek sou dink, voor mens jou laaste asem uitblaas sal jy jou nalatenskap bepeins. Wat het ek gedoen om die wêreld ’n beter plek te maak? Wat moes ek anders gedoen het?

As orgaanskenker kan jy die lewensgehalte van tot 50 mense verbeter en selfs lewens red. Het jy geweet 4 300 mense in Suid-Afrika is op ’n waglys vir ’n orgaan- of korneaoorplanting? Dit kos jou niks om te registreer nie.

Jou familie moet met jou dood toestemming gee, al is jy ’n geregistreerde skenker. Jou familie kan steeds toestemming gee, selfs al is jy nie ’n geregistreerde skenker nie. Terwyl jy leef, kan jy bloed, beenmurg of ’n nier skenk.

Ná jou dood kan jou vel, ligamente, been, beenmurg, hartkleppe en korneas sowel as jou organe: hart, twee longe, lewer, twee niere en pankreas, geskenk word. Maak sommer vandag daardie besluit en word ’n orgaanskenker

Kontak Worcester Standard Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.