Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Aansoek om borgtog later

Peter Pietersen (46), wat aangekla word van die moord op sy lewensmaat, Annelise Fiks (43), het die aand waarop sy vermoor is vir vriende van Fiks gesê hy gaan haar doodmaak.

Só het die ondersoekbeampte verlede Donderdag in Pietersen se borgtogaansoek in die getuiebank in die Worcester-distrikshof aangevoer.

Luidens die ondersoekbeampte se getuienis het Pietersen vir Fiks op 3 November by vriende se huis op Stilwater-plaas gaan haal.

Hy het haar gedwing om saam met hom huis toe te gaan. Fiks het by dié vriende van haar se huis gaan skuil, want Pietersen het haar glo vroeër die aand aangerand.

Haar naakte lyk met verskeie kneuswonde is Dinsdag 6 November in ’n vrugteboord gevind.

Volgens die ondersoekbeampte is ’n stukkende, groen alkoholbottel op die toneel gevind. Die ondersoekbeampte het getuig dat Fiks met die bottel oor die kop geslaan is.

Daarna het haar aanvaller haar na ’n brug gesleep en haar teen die kop en bors geskop. Hy (Pietersen) het haar liggaam toe gaan stort.

Die gemeenskap het agterdogtig geraak toe Fiks Maandag 5 November nie by die werk opdaag nie en het Dinsdag die plaaseienaar in kennis gestel sy word vermis.

Fiks het ook as ’n plaaswerker op Botha’s Farm gewerk.

Volgens die ondersoekbeampte was die gemeenskap geskok dat die grusame moord in hul midde plaasgevind het.

Pietersen se prokureur, Perlin Constance, het in die aansoek om borgtog aangevoer dat sy lewe nie in gevaar is nie, en dat hy ’n minderjarige kind het wat finansieel van hom afhanklik is. Sy voer ook aan dat Pietersen nie ’n bedreiging vir enigiemand is nie.

Pietersen het Dinsdag 27 November weer in die hof verskyn om die uitspraak van sy borgtogaansoek aan te hoor.

Landdros Antoinette Pearcey-Botha het die aansoek tot 6 Desember uitgestel sodat die ondersoekbeampte die beskuldigde se alternatiewe adres kan bevestig. Pietersen word aangehou.

Meer oor:  Peter Pietersen  |  Worcester  |  Moord Borgtog
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Worcester Standard Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.