Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
ACVV goud werd in dorp en omgewing

Dis ’n groep wat uit sy pad gaan om ’n verskil in mense se lewe te maak.

Hoewel die Afrikaanse Christelike Vrouevereniging (ACVV) al meer as ’n honderd jaar oud is, speel dit vandag nog ’n dinamiese en belangrike rol in die gemeenskap.

Dié vereniging se Worcester-tak is 19 Julie 1905 deur ’n groep vroue van die dorp, onder die voorsitterskap van mev. L. Gie, gestig.

Luidens die ACVV-feesblad, geskryf deur Ster Maree Stofberg met die ACVV se 100-jaarvieringe, is die ACVV gestig om morele agteruitgang van die dorp en die hele Suid-Afrika te stuit.

Die ACVV het al talle projekte van stapel gestuur en ondersteun kinderbeskerming, bewusmaking, voorkoming en statutêre werk. Vandag gaan die groep nog steeds voort met sy goeie werk.

Ongeveer 88 000 mense, manlik en vroulik, alle ouderdomme en rasse, het in die Anglo-Boereoorlog gesterf. Die land se infrastruktuur is vernietig, omtrent 30 000 plase is verwoes, gesinslewe het verbrokkel en gemeenskaps­verhoudings is versteur. Hierdie groep vroue van die ACVV het dadelik aan die werk gespring om geld in te samel.

Van 1913 word ’n leeskamer langs die ACVV-kantoor ingerig vir die gemeenskap se gebruik. ’n Rondreisende boekekas word aan plaasskole beskikbaar gestel om leeslus te bevorder. In 1945 is die burgemeester van Worcester versoek om op die munisipale kongres aan te dring op die instelling van ’n provinsiale biblioteek.

“ ’n Mens kan sê dis die handewerk van die ACVV dat daar ’n biblioteek in Worcester is,” sê ’n voormalige voorsitter en bestuurslid, Shirley Rabie.

In 1934 stel die ACVV ’n voltydse kraamverpleegster aan en bou ’n klein kraamkliniek met suster Klue aan bewind. Dis eers in 1950 wat die munisipaliteit hierdie diens oorneem.

Die ACVV-Worcester word in 1942 as ’n liefdadigheidsliggaam geregistreer en ontvang ’n subsidie van £12 per jaar. Agt jaar later in 1950 word die ACVV onder die nuwe Kinderwet geregistreer. Die ACVV het Erica-huis opgerig as ’n beskermde woonplek vir ongetroude werkende meisies. Dis geopen deur dr. Stals in 1949.

Die Nuwerus-tehuis vir bejaardes is gebou op ’n perseel wat deur ACVV Worcester gekoop is. Die opening was in 1972. Gedurende 1974 word eiendomme in Durbanstraat vir R6 000 aangekoop en die Stilwaters-dienssentrum en wooneenhede vir bejaardes word in November 1981 in gebruik geneem.

Dienste aan bejaardes het verder uitgebrei toe daar 27 wooneenhede bygebou is en later sewe huise, naamlik Hans Rabie-hof.

In 1993 begin die uitbreidings na gebiede buite Worcester. Dienste is gelewer aan die plaasgebiede van Brandwacht, Waaihoek, Olifantsberg, Botha en Breërivier.

Twee crèches het met die ACVV saamgesmelt naamlik Goeie Begin Crèche en Wysneusies Crèche.

In dieselfde jaar het die Lingelihle-werkskeppingsprojek in Zwelethemba tot stand gekom wat skooluniforms en tradisionele uitrustings gemaak het.

Xolani Crèche is gebou op grond wat aan die ACVV behoort het en is in 1994 ingewy.

Julie vier die ACVV sy 113 de bestaansjaar en die groep gaan nog steeds voort met goeie werk vir die gemeenskap.


. Persone wat deel wil word van die ACVV-bestuur as vrywilligers is meer as welkom. Mense wat belangstel om as plek van veiligheid op te tree vir kinders wat van hul ouers verwyder moet word, sal hoog op prys gestel word.

Vir verdere inligting besoek ACVV by Napierstraat 28 of bel 023 347 2339.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Worcester Standard Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.