Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Agri Wes-Kaap stel nuwe hoof aan

Agri Wes-Kaap het sy nuwe uitvoe­ren­de hoof, Jannie Strydom, 1 Maart verwelkom.

Strydom, wat ’n meestersgraad in landbou-ekonomie aan die Univer­siteit van Pretoria behaal het, neem die leisels by Carl Opperman oor wat ná 20 jaar as uitvoerende hoof van Agri Wes-Kaap afgetree het.

Strydom het omvattende ervaring as ’n landbouspesialis by finansiële instel­lings en was ook ’n dosent in landbou­bestuur aan die Glen Landboukollege.

Hy het vir die nasionale departement van landbou as landbou-ekonoom ge­werk en het meer onlangs ’n koöperatie­we ontwikkelingsprogram, wat deur die Amerikaanse agentskap vir internasio­nale ontwikkeling (USAID) gefinan­sier is, op die been gebring. Strydom sê dit is ’n voorreg om in die voetspore van Opperman te volg wat ’n waardevolle nalatenskap in die landbou­sektor laat.

“Die Wes-Kaap is op ’n vooruitstre­wen­de en gespesialiseerde landbou­sektor gebou. Dit is ’n voorreg om in diens van georganiseerde landbou te wees en by te dra om die sektor as ’n ekonomiese sleutelspeler nóg sterker die toekoms in te neem.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Worcester Standard Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.