Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Agtjarige laat Boetman brand

Die brand wat die Boetman-koshuis by die De La Batskool in puin gelê het, is gestig deur ’n agtjarige seuntjie wat met vuurhoutjies gespeel het.

Die oorsaak van die brand is Dinsdag deur die skoolhoof van De La Batskool, Phillip Cook, bevestig. ’n Brandverslag hieroor is onlangs aan die skool oorhandig.

Die Maandag van die brand moes leerders en personeel toekyk hoe die Boetman-seunskoshuis vir juniors afbrand, heeltemal onbewus van hoe die brand ontstaan het.

Cook beskryf die brand as traumaties, want die 17 leerders asook die huismoeder het al hul besittings in die brand verloor.

“Nie net was die brand onwelkom nie, maar 90 jaar se geskiedenis is in ongeveer 45 minute verwoes. Die brand is weens ’n agtjarige seuntjie wat onder toesig van die huismoeder uitgeglip het om toilet toe te gaan. Die seun het laat skool toe gekom ná die naweek en het direk koshuis toe gegaan met vuurhoutjies wat hy in sy skooltas weggesteek het. Hy het met sy toiletbesoek met die vuurhoutjies in die boonste kamer gespeel. Dis hoe die brand ontstaan het,” sê Cook.

Gelukkig is niemand in die voorval beseer nie, maar al die leerders moes in ander koshuise gehuisves word.

Die brandweer se vinnige optrede en die gemeenskap se betrokkenheid ná die brand het Cook verras.

“Die brandweer was gou daar en alles uitstekend beheer. Mense het die kinders en personeel toegevou in hul sorg en omgee. Die reaksie was en is steeds aangrypend. Ons staan in verwondering en dankbaar­heid teenoor almal vir klein en groot skenkings, geld en erbarming.”

Gelukkig is die gebou verseker.

“Fase een van die herstel is om die dak op te sit, gevolg deur fase twee wat die mure en die res van die gebou insluit. Daarna volg die vervanging van inhoud en toerusting. Die bouer is aangestel en werk het begin. Die hoop is dat die koshuis teen begin 2019 betrek kan word,” sê Cook.

Die seuns sal tot dan op die kampus in woonstelle gehuisves word.

“Ons het begin met ’n proses van spesifieke bedankings. Die De La Batskool staan met dank en verwondering in ons harte omdat die gemeenskap ons so wonderlik ondersteun het,” sê Cook.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Worcester Standard Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.