Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Almal kan nou ‘Smul’ uit skool se eie resepteboek

Die Hoërskool Montana het die afgelope naweek sy eie resepteboek bekend gestel.

Tania Fourie, ’n eertydse ouer van die skool, het baie hard gewerk om die idee van die boek te laat realiseer.

“Die idee het my net een aand bygeval. Ek het net gedink, ons het die kokkedoortjie, Edwin Theron. Hoekom maak ons nie gebruik van hierdie geleentheid en kry die gemeenskap ook betrokke nie? Ek het toe die idee aan die skoolhoof, Dawie Diedericks, voorgestel en hy het dit goedgekeur,” verduidelik Fourie opgewonde.

So het hulle deur die skool begin adverteer en mense gevra om hul gunstelingresepte in te stuur. Hulle het ook ’n span saamgestel om borge te werf vir die drukkoste van die resepteboek, Smul.

“Amanda Opperman het die borgespan gedryf en hulle het hul baie goed van hul taak gekwyt, soveel so dat ons die boek kon druk teen geen koste vir die skool nie.”

Om die resepte almal ingesamel te kry, sê Fourie, was ’n chaotiese proses.

“Ek bedryf my eie besigheid, so om alles gelyk te doen het later chaoties geraak vir my. Maar gelukkig het Edwin se ma, dr. Marietjie Theron, vir my die nommer van een van Kokkedoortjie se beoordelaars gegee. Ek het toe vir Errieda du Toit gebel en om hulp gevra en sy het ingestem om te help.”

Sy bieg dat sy geen kennis van boekskryf het nie, maar dat sy wel baie lief is vir kook. Fourie het self die uitleg van die boek behartig met ’n bietjie hulp van ’n vriend, dr. Gerhardt Oosthuizen, wat ook die omslag van die boek ontwerp het.

Die boek bied verskeie resepte vir slaaie, groente en bygeregte, brode, ligte etes en iets vir die soettand, om net ’n paar te noem.

Daar is ook resepte van die breër gemeenskap in die boek te sien.

Die resepteboek kos R200 en is by die skool beskikbaar.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Worcester Standard Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.