Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Ambulans stel teleur

Natalie Frazenburg, ’n inwoner van Droëheuwel in Robertson – wat afhanklik is van ’n suurstofmasjien en elke keer in nood verkeer wanneer die krag afgaan – word keer op keer deur ambulansdienste in die steek gelaat.

Beurtkrag kan moontlik dodelik vir mense wees wat afhanklik is van suurstofmasjiene in hul huise. Dit is iets wat Frazenburg goed weet; daarom maak sy en haar bure seker dat die ambulansdienste vroegtydig geskakel word voordat beurtkrag begin.

Dit blyk egter dat die ambulansdienste nie altyd aan hierdie oproepe gehoor gee nie, of so lyk dit.

Volgens Danny September, ’n gemeenskapsaktivis van Droëheuwel, is die jongste voorval nie die eerste keer dat die ambulans nie opdaag om Frazenburg hospitaal toe te neem nie.

“Ons het die ambulans voor 04:00 Maandag (1 Junie) gebel om Natalie te kom haal. Ons het die 112-noodnommer geskakel, maar niemand het uitgekom nie. Ons moes een van ons buurmanne gaan wakker maak om haar hospitaal toe te neem,” sê September.

“Dinsdagoggend het ons weer geskakel, en hulle het toe wel opgedaag om haar na die hospitaal te neem,” sê September.

Hy voer aan dat hulle nie altyd geld het om private vervoer te gebruik nie.

Donderdagaand was dit weer dieselfde storie, sê September. “Beurtkrag het 20:00 begin en ons het al 19:00 gebel, maar al wat hulle gesê het was dat die ambulans op pad is. Selfs toe die krag om 20:00 afgaan, het hulle gesê die ambulans is op pad, maar toe moes sy al by die hospitaal gewees het. Die ambulans het eers om 20:15 hier aangekom, maar toe was sy reeds met private vervoer hier weg,” sê September.

Vrydagaand was dit weer beurtkrag en dieselfde het weer gebeur.

“Ons het gisteraand (Vrydag) weer die ambulans gebel, en hulle het weer glad nie uitgekom nie,” voer September aan.

Deana Bessick, kommunikasiebeampte van die mediese nooddienste en forensiese patologiese dienste in die Wes-Kaap, het Dinsdag by navraag hieroor aan Standard gesê hulle kan bevestig dat ’n ambulans Dinsdag 1 Junie om 04:13 na Lusernbosstraat 47 in Robertson gestuur is en dat die versoek vir ’n pasiënt wat afhanklik is van ’n suurstofmasjien was.

“Die EMS-amptenare het die pasiënt gehelp toe die oproep deurgekom het. Ons het ons rekords noukeurig nagegaan en daar is geen oproepe wat op Maandag 31 Mei om hulp gevra het nie. Die pasiënt het op Dinsdag 1 Junie met die EMS in verbinding getree en die nommer verskyn nie op Maandag 31 Mei in ons telefoonrekords nie,” sê Bessick.

. September sê dit lyk of beurtkrag hier is om te bly en dat Frazenburg geld nodig het “om haar ongemak net ’n bietjie makliker kan maak”. Enigeen wat ’n skenking wil doen, kan Danny September by 060 433 3192 bel.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Worcester Standard Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.