Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
ANC vra Maggie om haar pos as raadslid te los

Die vier beskuldigdes ná die moord op die oud-Worcesteriet Preston Titus (47) het die afgelope week weer in die hof verskyn.

Intussen is Magdaleen Titus, Preston se vrou wat een van die vier aangeklaagdes is, einde verlede week deur die Wes-Kaapse tak van die ANC gevra om uit haar pos as raadslid vir die ANC in Oudtshoorn te tree. Sy was die party se burgemeesterskandidaat in die plaaslike verkiesing in 2016.

Haar man is Vrydag 1 Desember 2017 by sy huis by die infanterieskool in Oudtshoorn vermoor.

Sy lyk is die volgende dag met steekwonde in ’n slaapkamer in sy huis gevind.

Magdaleen en haar medebeskuldigdes, Justice Mooi (30), Natasha Stuurman (38) en Masimthembe January (23), word van moord met voorbedagte rade en regsverydeling aangekla.

Die hof het ’n ondersoek ter plaatse by Derdelaan in Bongolethu in Oudtshoorn gehou as deel van die verhoor, by die beskuldigdes Stuurman en veroordeelde Sixabiso Klip se huise, wat oorkant mekaar geleë is. Klip het destyds ’n ooreenkoms met die staat aangegaan en is 15 jaar tronkstraf opgelê vir die moord op Titus.

Een van die bewerings is dat die huurmoordenaars by Stuurman oornag het en Stuurman se voertuig gebruik het om na Titus se huis te ry waar die moord gepleeg is.

Lucinda Titus, Preston se suster, sê Klip getuig reeds van Dinsdag af oor die aanloop tot die gebeure die aand van die moord. “Hopelik maak sy kruisondervraging binnekort klaar; dan kom die selfoondeskundiges aan die beurt,” sê sy.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Worcester Standard Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.