Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Baanbreker in dowe gemeenskap sterf

Dr. Johan Hamilton, bekend vir die merkwaardige vordering wat hy in die Nasionale Instituut vir Dowes (NID) en De la Bat Skool gemaak het, is Vrydag 26 April in die ouderdom van 83 dood.

Boodskappe van medelye het van oral ingestroom. ’n Gedenkdiens is Vrydag 3 Mei in die NG kerk Worcester-Noord gehou.

Hamilton is in 1976 as die vierde skoolhoof van De la Bat Skool aangestel. Etlike jare later, in 1993, is hy as die uitvoerende direkteur van die NID aangestel.

Die finansiële hoof van die NID, Karin Snyman, sê Hamilton was streng en konsekwent. “As hy sy hart op iets gesit het, het hy dit gedoen.”

Snyman is in 1993 deur Hamilton aangestel. Sy prys Hamilton vir die invloed wat hy in haar loopbaan gehad het. “Hy het my sterk gemaak om die werk wat ek vandag doen, suksesvol te kan doen,” sê Snyman.

Sy sê sy sal hom onthou vir sy nalatenskap by NID. “Sy droom van verdere opleiding vir die dowes is bewaarheid. Die dowes was ontsaglik lief vir hom – die kleintjies asook die grotes. Oudskoliere het altyd moeite gedoen om hom te kom groet. Hy was ’n mens met baie deernis. Hy het vir die dowes geleef,” voeg Snyman by.

Die NID het in ’n inskrywing op sy Facebook-blad gesê Hamilton was ’n goeie leier in sy dae by dié instelling.

“Hy was ’n geliefde vaderfiguur vir baie dowe leerders en inwoners. Sy mentorskap en bestuurskundigheid word deur baie waardeer en gerespekteer. Dr. Hamilton sal as ’n ware leier en baanbreker in die dowe gemeenskap onthou word en sal vir ewig in ons harte leef,” lui die inskrywing.

Hamilton word oorleef deur sy vrou, Ria, hul vier kinders – Sune Mostert, Lizel van Eeden, Pieter-Daniel Hamilton en Hanri Hamilton – en 13 kleinkinders.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Worcester Standard Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.