Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
‘Baie liefde en bid’ besorg Rawsonviller reusepatat

Dis nou wel nie ’n Guinness-rekord­wenner nie, maar ’n groot soetpatat het talle mense se aandag in Rawsonville getrek.

Piet Hendricks (58) plant reeds die afgelope drie jaar soetpatats in sy tuin, maar vanjaar se oes het hom onkant betrap toe hy ’n baie groot lig-oranje soetpatat gewaar.

“Toe ek die soetpatat sien, het my mond begin water, maar ek hou dit nou eers vir ’n ruk sodat almal dit kan sien. Daarna gaan dit in my vrou se soetpatat­gereg opeindig,” skerts Hendricks.

’n Soetpatat neem tyd, want jy plant hom en dan wag jy ses tot nege maande voordat jy dit kan oes.

“Ek plant altyd Maart en oes in Sep­tem­ber, maar dié soetpatat was deel van ’n paar wat ek verlede jaar in September geplant het. Dit het my verbaas om te sien hoe groot die soetpatat is, want ek kan letterlik my hand vyf keer langs mekaar op die patat sit. Dis bitter groot.”

Hy het nog nie die soetpatat geweeg nie, maar skat dit is so vier of vyf kilogram. “Ek is ’n busbestuurder, maar jare gelede was ek ’n plaaswerker en ek het dáár baie geleer oor hoe om ­patats te plant. Dis vir my lekker om te sien hoe die soetpatats groei,” sê Hendricks.

Sy geheim vir die perfekte soetpatat is om dit vir twee dae nat te maak en dan te los vir twee dae voor jy dit weer water gee.

“ ’n Mens plant die loot, dan bid jy dat hy vat en as hy begin groei, gee jy hom liefde totdat die groen blare plek maak vir die soetpatats.”

Hendricks sien uit na die dag wat die soetpatat op ’n bord voor hom verskyn.

“Die lekkerste van die hele storie is om dit te eet as dit ordentlik aanmekaargeslaan is deur jou vrou, veral saam met ’n snoek,” sê Hendricks.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Worcester Standard Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.