Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Bakkie-wenner is ‘baie excited’

“Dis die grootste prys wat ek nog ooit gewen het.”

Só sê Khenu Oersen in ekstase oor die bakkie wat hy onlangs gewen het. Hy het bloot sy strokie in ’n doos gegooi nadat hy inkopies by die OK MiniMark De Eike in Hoogstraat gedoen het.

OK-winkels hou tans ’n kompetisie waarin iemand elke week die geleentheid het om ’n Nissan-bakkie te wen.

Die 22-jarige Oerson het Woensdag 11 Desember sy sleutels vir sy splinternuwe ryding by die winkel in die parkeerterrein ontvang. Met ’n breë glimlag het hy aan Standard gesê: “Ek is baie excited.”

Verder as dit kon hy nie uitbrei nie, want sy aandag was ten volle op die bloedrooi bakkie. Sy ouers was saam met hom by die oorhandiging en kon ook nie hul blydskap wegsteek nie.

“Ons is net so opgewonde soos hy,” het albei sy ouers gesê.

Op die vraag of hy al sy bestuurder­slisensie het, het hy gesê “amper”.

“Ek het my leerlinglisensie en passeer vroeg in volgende jaar uit vir my rybewys.”

Die personeel van die winkel het ook in sy opgewondenheid gedeel. Almal het in die parkeerterrein saamgekom in afwagting op die amptelike oorhandiging, wat ook op video vasgevang is.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Worcester Standard Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.