Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Beamptes sal streng optree dié naweek

As jy beplan het om dalk die inperkingsreëls te verbreek en wel weg te gaan vir die Paasnaweek, mag jy jouself dalk net vasloop in polisie-en verkeersbeamptes op die pad.

Die nasionale inperking wat op 16 April om middernag verstryk, het al verseker dat talle mense wat die inperkingreëls verbreek het reeds in hegtenis geneem is. Die Wes-Kaapse regering gaan nou nog strenger optree met die Paasnaweek wat voorlê.

Wes-Kaapse verkeershoof, Kenny Africa, het gesê dat mense juis nou by die huis moet bly aangesien hy en sy spanne streng sal optree teen diegene wat nie ’n permit het nie en kanse waag om te reis.

Die Wes-Kaapse verkeershoof, Kenny Africa, sê dat beamptes die paaie sal monitor tydens die Paasnaweek wat voorlê.

“Die provinsie berei die naweek voor om te verseker dat motoriste nie gedurende die inperkingsperiode op die paaie sal wees nie. Die paaie is gewoonlik gedurende hierdie tyd baie besig was met ‘n groot aantal voertuie wat in en uit die provinsie beweeg, maar ondanks die inperking en die regulasies wat in plek gestel is sal beamptes steeds op die paaie wees en streng optree,” sê Africa.

Paasnaweek sien gewoonlik naas die Kersseisoen die grootste sprong in padongelukke in die land. Vanjaar, met die inperking wat nog aan die gang is, beloof dit ’n stiller seisoen te wees met heelwat minder ongelukke en sterftes.

“As jy nie ‘n permit het nie en as jy nie noodsaaklike dienste lewer of noodsaaklike goedere vervoer nie, bly dan tuis.”

Africa voeg by dat die bedrywighede en monitering op die grense sal voortduur.

“Ons grense is gesluit - by al ons grense wat na ander provinsies lei, het ons 24/7-padversperrings, maar ook binne die Wes-Kaap het ons ‘n paar 24/7-padversperrings waar ons motors minuut-vir-minuut keer.”

Daar is nog geen duidelikheid of die inperking verleng gaan word nie, maar op die huidige oomblik sal die Covid-19 nasionale inperking volgende Vrydag tot ’n einde kom.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Worcester Standard Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.