Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Begrafnisondernemer (30) met goeie hart skielik dood

’n Trotse man van die gemeenskap met ’n oop hart vir almal is die afgelope week op ’n tragiese wyse oorlede.

Bradley Zekoe (30), eienaar van Bet-El-begrafnisdienste, is vroeër die week op die Aan De Doorns-pad deur ’n voertuig getref en is op die toneel deur nooddienste dood verklaar. Die Zekoe-familie het met Standard gesels oor hoe hulle die lig in hul lewe onthou.

“Hy was werklik ’n mens wat ’n oop deur vir almal gehad en almal gehelp het. Dit het nie saak gemaak of jy nou ryk of arm is nie, almal was vir hom ’n mens,” vertel sy pa, Steven Zekoe.

Die Zekoe-familie het Dinsdag (10 November) met Standard se onderhoud nog onthou hoe hy altyd vir een van sy familielede ’n R100-noot gegee het.

“Dit was maar net die soort mens wat hy was. Hy het gegee en niks terug verwag nie.

“Ons het so lekker gelag toe die familielid die storie vertel omdat dit presies wys wie hy was.”

Dié oudleerder van die Hoërskool Esselenpark was ’n gerekende begrafnisondernemer in die dorp en het die gemeenskap deur middel van sy onderneming gedien.

“Ek sukkel om ’n negatiewe gedagte van my seun te kry en ons gaan hom baie mis. Hy kon op enigiemand se gesig ’n glimlag sit en het altyd positiwiteit uitgestraal,” vertel sy trotse pa, Steven.

Sy pa skerts en sê hy was ’n 30-jarige met ’n mond van ’n 50-jarige.

“Almal het sekerlik gedink hy was veel ouer, maar hy was maar net slim met sy mond en was met baie wysheid geseën.”

Volgens die Zekoe-familie het Bradley gesê It is well with my soul en hulle glo sy siel sal nou in vrede rus.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Worcester Standard Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.