Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Begroting: Tariefskok kom in Julie

’n Groot skok wag op huishoudings wanneer die elektrisiteitstariewe in Julie met 14,59% styg.

Die Breedevallei-munisipaliteit (BVM) sê dié verhoging is in pas met spesifikasies van die Nasionale Energiereguleerder (Nersa).

Die opwaartse tariefaanpassing vir water is 5%; vullisverwydering 5% en riool ook 5%.

In haar boodskap oor die begroting het Antoinette Steyn, die BVM se uitvoerende burgemeester, gesê hulle bly toegewyd om dienste aan alle huishoudings te lewer.

“Ons as ’n munisipaliteit erken die feit dat huishoudings met talle probleme gekonfronteer word, wat wissel van sosiale tot ekonomiese uitdagings. Ons beskou ons rol as ’n integrale deel van die uitdagings om die lewensgehalte van inwoners die hoof te bied en sal dus steeds ons rol vervul deur ’n gunstige omgewing vir werkskepping en maatskaplike ontwikkeling in ons gemeenskap te skep. Mense moet verstaan dat nie alle planne binne die tydsraamwerke voltooi sal word nie weens verskillende onvoorsiene uitdagings, maar die Breedevallei-munisipaliteit is daartoe verbind om te verseker dat alle projekte wat begin is, voltooi word,” het sy gesê. Sy het bygevoeg die begroting dien as doel om toekomstige diensleweringsdoelwitte uiteen te sit.

“Die huidige werklikheid waarmee ons gekonfronteer word, het tot dusver ’n vernietigende uitwerking op ons gemeenskappe en diegene in omliggende munisipaliteite gehad deur die verlies aan inkomste, werk en lewens. Die Covid-19-pandemie het die manier waarop ons ons daaglikse lewe voer en hoe ons met mekaar omgaan, verander en nuwe en ongekende uitdagings aan ons gestel.”

Die begroting vir 2021-’22 maak voorsiening vir kapitaalprojekte van R151,23 miljoen en bedryfsuitgawes van R1,29 miljard.

Die begroting vir kapitaalprojekte sluit die volgende moontlike projekte in:. Herseël van paaie – R30 400 511

. Opgradering van grondpaaie – R10 000 000

. Verkeersirkels – R6 000 000

. Ontwikkelings vir grondvulling – R4 587 950

. Hexrivier-erosiebeskerming – R3 150 000

. Munisipale vloot – R8 360 114

. Water- en afvalwaterbehandeling – R10 473 344

. Swembaddens – R15 500 000

. Elektriese infrastruktuur – R10 500 000

. Oorkoepelende wyksprioriteite – R7 850 000

. Transhex Elektriese Netwerk – R21 000 000.

’n Ander belangrike aspek is die wyse waarop voorsiening gemaak word vir arm huishoudings, werklose mense en pensioentrekkers.

Pensioenarisse met ’n inkomste van tot R4 500 sal ook uit die begroting ’n 100%-korting kry op tariewe vir riool, vullisverwydering en huurgeld sowel as 50 eenhede elektrisiteit en 10 kiloliter water maandeliks.

Werkloses en armlastiges ontvang 50%-korting op belasting, riolering, vullisverwydering en huurgeld.

Hierdie kategorie verbruikers kry ook 50 eenhede elektrisiteit en 10 kiloliter water gratis.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Worcester Standard Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.