Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Bekgeveg in hof toe Weise verskyn

Gemoedere het Dinsdag hoog geloop in die hofsaal waar die borgtogaansoek van Elton Weise (44) aangehoor is. Die skeidslyn tussen ondersteuners van die twee partye was duidelik in die hof te sien.

Weise het op 20 Julie na bewering ’n informele skrootversamelaar in die Worcester-nywerheidsgebied doodgeskiet.

Harde woorde het op ’n tydstip tussen ondersteuners van Weise en ondersteuners van die slagoffer, Johannes Jacobs (27), geval.

Ondersteuners van albei kante het mekaar toegesnou. “Hy het ons kind soos ’n hond geskiet,” is aan die een kant gesê terwyl ondersteuners van Weise geantwoord het dat dit selfverdediging was.

Weise, wat van moord aangekla word, se borgtogaansoek is tot 7 Augustus uitgestel. Die kruisondervraging van die ondersoekbeampte deur Weise se regsverteenwoordiger sal dan voortgesit word.
– Vervolg op bladsy 2.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Worcester Standard Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.