Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Belê in die lewe van Dowes

Die NID vier vanjaar 140 jaar van diens aan Dowes en mense met gehoorverlies. Ons het onlangs met ’n paar meervoudig-gestremde Dowe inwoners gesels oor wat dit vir hulle beteken:

“Die NID beteken vir my baie omdat hier ’n spesiale plek is waar gestremdes soos ’n familie kan saamwoon.”

“Die NID is baie goed vir ons en baie spesiaal vir ons. Die NID is die beste. Dankie vir julle hulp aan ons. Dankie dat die NID vir 140 jaar gespaar is.”

“Die NID het vir ons almal goeie lewensvaardighede geleer en ons gehelp om op soveel verskillende maniere te ontwikkel. Daarvoor is ons so dankbaar!”

Dié getuienisse van hierdie kosbare inwoners, wat onderskeidelik reeds 32, 28 en 10 jaar al deel van die NID-familie is, bevestig net weer die hartklop van die organisasie. Dit is lewens wat onherroeplik verander is. Dit spreek van die besonderse voorreg om ’n impak te kan maak in die lewe van mense met gehoorverlies in ons sorg. Dit bekragtig ons roeping om elkeen se volle potensiaal te help ontwikkel deur noodsaaklike gehaltedienste aan hulle te lewer.

Ons is ongelooflik dankbaar – dankbaar vir 140 jaar van mildelike seëninge, spesiale verbintenisse, kosbare verhoudings, geloof, omgee en ondersteuning; vir oop harte en hande van mense wat ons in staat stel om volhoubare dienslewering aan ons Dowe begunstigdes te laat realiseer en vir elke belegging wat op hierdie wyse in hul lewe gemaak word.

Ons vra u vandag om asseblief met ons hande te vat, en saam met ons ook die pad na die volgende 140 jaar aan te durf. Deel asseblief saam met ons in hierdie besonderse mylpaal deur ’n spesiale bydrae te stuur ten bate van Dowes en mense met gehoorverlies by die NID. Met u ondersteuning kan ons dié lewensveranderde werk met groot geloof, vertroue en ’n geruste hart voortsit.

Namens elke Dowe wat sedert 1881 gehelp is en dié wat nog gehelp word, sê ons byvoorbaat baie, baie dankie.

NID-BANKBESONDERHEDE:

Bank: Absa Worcester | Taknommer: 503 107 | Rekeningnaam: NID Ontwikkeling | Soort rekening: Tjek | Rekeningnommer: 911 845 2209 | Verwysing: MJ (naam en van)

Vir meer inligting kontak fr.nid@nid.org.za of e-pos u bewys van betaling om ’n Art. 18A-kwitansie te ontvang.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Worcester Standard Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.