Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Beminde inwoner en sakeman oorlede

’n Bekende sakeman van Worcester, Elbie de Wit, is onlangs ter ruste gelê.

Elbie is Dinsdagoggend, 26 Februarie, in die ouderdom van 75 aan orgaanversaking oorlede.

Elbie is 25 September 1943 in Ceres gebore. Hy het by Charlie Hofmeyr skoolgegaan en het ná skool by die departement van korrektiewe dienste in Kroonstad gewerk.

Vir ’n wyle het hy ook by korrektiewe dienste in Pretoria by die parool­afdeling gewerk en is later na Worcester oorgeplaas. In sy jonger dae was hy ’n kranige rugby- en krieketspeler. Hy het vir die junior Boland-rugbyspan op die veld gedraf.

Elbie se betrokkenheid in Worcester spreek boekdele. Hy het ’n skrootmetaal­onderneming begin deur skrootmetaal aan te koop, op te sny, te verwerk en weer te verkoop. In 1969 het hy Shell Gas oopgemaak. In 1986 het hy die onderneming se naam na Worcester Gas & Sport verander, net soos alle Worcesteriete dit vandag nog ken.

In die jare tagtig en negentig het Elbie ’n woonwaonderneming op die dorp gehad. Hy het later ’n vulstasie in Kaapstad geopen en hy het selfs ’n boerdery in die Karoo op die been gebring.

Elbie se skoonseun, Koos Smit, beskryf hom as ’n opregte mens. “Hy was ’n eerlike en baie hardwerkende mens wat alles vir sy familie gegee het,” sê Smit. “Hy het in sy vrye tyd geboer. Hy het nie baie stokperdjies gehad nie, maar hy was lief vir boeremusiek en geskiedkundige Afrikaanse literatuur,” sê Smit.

Op ’n vraag oor wat Elbie se bekende gesegdes was, het Smit gesê hy het gereeld vir sy kleinkinders gesê, “Dink, dink, dink,” of “jy kan nooit te fiks wees vir rugby nie.”

Elbie laat sy vrou, Lenette, vier kinders, van wie twee seuns en twee dogters, en agt kleinkinders agter.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Worcester Standard Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.