Woensdag 29 Januarie het ’n drama buite die Worcester-landdroshof afgespeel toe bendelede van verskillende groepe slaags geraak het.
Die betrokke bendes is bekend aan die Worcester-polisie en twee verdagtes is op die toneel in hegtenis geneem.
“Die bendes het klippe na mekaar geslinger en dit het veroorsaak dat private eiendom naby die hof beskadig is.
“ ’n Saak van openbare geweld is aanhangig gemaak teen die twee betrokke persone en hulle is tans in aanhouding,” vertel die Worcester-polisiewoordvoerder, kapt. Tobela Dyasi.