Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Bertus die kat is slangheld van Theuniskraal
06 September 2018

’n Kat het ’n jong meisie van Tulbagh die afgelope naweek van ’n sissende pofadder gered deur hom 20 minute lank vas te keer.

Slang se kind het Ané Jordaan van die plaas Theuniskraal buite Tulbagh Saterdag onaangenaam verras toe sy ná haar sportbedrywighede in Ceres alleen by die huis gekom het.

Sy, haar ouboet Jacques en haar sussie, Rosanne, het op die vooraand van haar tiende verjaardag saam met haar tannie Erika Jordaan teruggekom. Haar ouers, Flippie en Annari Jordaan, het gaan fietsry. Sy wou huis toe, sowat ’n halwe kilometer van waar Erika en Ané se oom, Wagner, op die plaaswerf woon.

Toe sy die skuifdeur oopsluit en oopstoot, het sy ’n geblaas en gesis links van haar gehoor. Toe sy afkyk en die oorsprong van die geluid sien, het sy haar boeglam geskrik, vertel sy.

’n Pofadder het sowat ’n halwe meter van haar af sy kop in haar rigting gelig met sy tong wat in en uit sy mond rondbeweeg het. Sy het weggespring terwyl die deur steeds oop was en die slang het ingeglip.

“Die volgende oomblik het Bertus, ons kat, tussen my en die slang ingespring met sy rug kromgetrek en sy oë op die slang se bewegende kop vasgenael,” vertel sy.

Die pofadder het weg van die deuropening na die hoekie van die skuifdeur beweeg, waar Bertus hom vir sowat 20 minute vasgepen het en Ané terug na haar oom Wagner se huis kon hardloop. Hy het die slang met ’n slangstok gevang en in ’n plastiekdrom gesit.

Flippie het die slang ’n ent buite die dorp vrygelaat.

En Bertus is die nuwe held op Theuniskraal.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Worcester Standard Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.