Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Besighede vernietig, motoris baie ernstig beseer

Verskeie besighede is in puin gelê toe 'n vragmotor in die vroeë oggendure in Worcester ontplof het. Standard verneem betroubaar die vragmotorbestuurder is ongedeerd en het reeds 'n verklaring afgelê. Een ander persoon wat in 'n nabygeleë voertuig was, is ernstig beseer. Twee brandweermanne is ook vir beserings behandel. 

Omstanders het na die aanvanklike ontploffing om die toneel saamgedrom toe 'n tweede reuse-ontploffing plaasgevind het. Skrapnel is honderde meters ver geslinger en mense het laat spaander. 'n Inwoner van De La Batweg in Rouxpark berig daar het skrapnel op sy dak geval. 

Talle ondernemings is vernietig en het groot skade gely. Paaie was ten die begin van besigheidsure nog gesluit om die toneel. 

Lees die volledige berig met foto's in môre se Standard.

Ontploffing worcester

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Worcester Standard Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.