Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Beurtkrag kom dalk weer vir Valleiers weens staking

Dit lyk asof die voortslepende arbeidsgeskille by Eskom weer daartoe gaan lei dat Valleiers in die afsienbare toekoms aan beurtkrag onderwerp kan word.

Worcesteriete het Dinsdagaand, toe groot dele van die land in donkerte gehul is, beurtkrag vrygespring omdat die kragverskaffer dit teen 20:00 opgehef het. Worcester se beurtkrag­rooster vir Dinsdagaand was 22:00.

Khulu Phasiwe van Eskom het Dinsdagaand getwiet dat beurtkrag omstreeks 20:00 opgehef is.

Die nasionale kragverskaffer het gesê weens die onlangse staking het hy nie nou die nodige kapasiteit om genoeg elektrisiteit te verskaf nie.

Gister teen druktyd het Eskom gesê hy is onder geweldige druk weens die staking, maar sou slegs teen gisteraand beurtkrag toepas indien dit absoluut noodsaaklik is.

Weens die staking neem dit Eskom ook langer om aandag aan klagtes te gee.

Eskom het ook aangedui dat hy die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie genader het om te help dat die voortslepende stakings – glo as gevolg van loongeskille – opgelos kan word. Intussen het hy verbruikers gemaan om elektrisiteit spaarsamig te gebruik.
. Lesers kan by www.loadshedding.eskom.co.za gaan kyk of beurtkrag in hul gebied kan voorkom.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Worcester Standard Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.