Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Bewaringsorganisasie vir die Hexvallei op die been

Die beskerming van historiese erfenis en natuurlike hulpbronne is elke inwoner van die Breedevallei se verantwoordelikheid.

Daarom het die Hexvallei-toerisme­vereniging die De Doorns-erfenis- en bewaringsvereniging gestig.

Die Hexriviervallei en omliggende gebiede is as natuurbewaringsgebied geregistreer om die nageslag se nalatenskap te beskerm en te bewaar.

Wetgewing wat die regulering rakende bewarenswaardige geboue en terreine aanspreek, is die Wet op Nasionale Bouregulasies en Standaarde, Wet 103 van 1977 asook die Wet op Nasionale Erfenishulpbronne, Wet 22 van 1999.

Die Breedevallei-munisipaliteit en De Doorns-erfenis- en bewaringsvereniging gaan nou met die munisipaliteit se stadsbeplannings- en boubeheerafdeling saamwerk om kultuurhistoriese landmerke, terreine en geboue ouer as 60 jaar in die Hexvallei te bewaar.

Bewusmaking is baie belangrik om begrip en waardering vir erfenisse te skep. Daarom gaan die vereniging eersdaags die “ken-jou-vallei”-veldtog van stapel stuur en interessante feite deur die Hexvallei-toerismevereniging se sosiale mediaplatforms met mense deel.

“Die suksesvolle uitdra van ons kultuurhistoriese erfenis en bewaring van natuurlike hulpbronne hang groot­liks van openbare deelname af. Mense wat voel ’n historiese gebou of terrein word verwaarloos of onwettiglik verbou of verbreek, kan dit aanmeld. Mense se steun is van kardinale belang. Besluite oor die beskerming en bewaring van hierdie erfenis wat vandag geneem word, beïnvloed die geluk en lewens­gehalte van toekomstige geslagte,” sê ’n woordvoerder van die vereniging.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Worcester Standard Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.