Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
BO se mosie oor stukkende verkeersligte nou aanvaar

Die Breedevallei Onafhanklik (BO) het ’n mosie in die mees onlangse raadsvergadering ingedien vir ’n ondersoek na die Vallei se verkeersligte vir siggestremde en dowe voetgangers wat buite werking is.

’n Siggestremde sake-eienaar van Worcester, Hector Loftus, het Standard onlangs oor dieselfde probleem gekontak.

“Iets is fout met die verkeersligte en hoe hulle werk. Dit is kommerwek­kend aangesien siggestrem­des en dowes op verkeers­ligte staatmaak om hulle oor besige en gevaarlike strate te lei,” het Loftus gesê.

Die BO kon sy saak Dinsdag 29 Oktober in die raadsvergadering stel en die mosie om aandag aan die toerusting te gee, is aanvaar.

Die mosie handel oor die gevolge van toerusting soos verklikkers en ligte wat nie in ’n goeie werkende toestand is nie en het vier uitgangspunte.

“Ons vra ’n verslag en ondersoek aan na alle verkeersligte in die Breedevallei met presiese getalle van hoeveel werk en hoeveel nie werk nie. Verder benodig ons ’n ondersoek deur die munisipaliteit wat bepaal wat die gevolg is van die niewerkende verkeers­ligte, hoe stormwaterpype voetgangers – veral gestremdes – beïnvloed, watter hindernisse daar vir gestremdes is en ’n aksieplan wat die probleem die hoof sal bied,” het Nik Wullschleger, BO-raadslid, gesê.

Die mosie is aanvaar en is as deel van die raad se voor­keurlys vir verbeteringe aangeteken.

“Dit is teleurstellend dat hierdie toerusting nie in ’n werkende toestand is nie. Ons dorp is veronderstel om goed toegerus te wees, maar dan werk basiese goed soos verkeersligte nie,” het Loftus gesê.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Worcester Standard Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.