Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Boek oor veiligheid vir SA gemeenskappe onthul

Genl.maj. Roland de Vries het onlangs sy nuutste boek, Veiligheid vir Gemeenskappe, by ’n geleentheid wat deur die Robertson-Moths (Memorable Order of Tin Hats) gereël is, bekend gestel.

De Vries het in Januarie 1964 as weermagoffisier gekwalifiseer en in April 1999 as adjunkhoof van die Suid-Afrikaanse Weermag afgetree. Hy het in verskillende opleidings- en operasionele poste gedien.

Sy operasionele ervaring het verskeie militêre operasies in die voormalige Rhodesië, Suidwes-Afrika (Namibië) en Suid-Angola ingesluit.

Sy boek oor mobiele oorlogvoering, Mobile Warfare – a Perspective for South Africa, is in Augustus 1987 in Suid-Afrika gepubliseer toe hy ’n kolonel was. Hierdie boek het sy denke oor die ontwikkeling van operasionele konsepte en militêre leerstellings vir mobiele konvensionele oorlogvoering binne die Suider-Afrikaanse konteks uiteengesit.

De Vries het die transformasie-span van die nuutgestigte Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANW) in 1997 gelei om ’n nuwe geïntegreerde konsep vir leierskap, bevel en bestuur vir die departement van verdediging te ontwikkel. Hy is in 1997 as hoof van gesamentlike opleiding aangestel en in 1998 as adjunkhoof van die SA Leër.

Sy memoires, getiteld Eye of the Firestorm, is in Mei 2013 gepubliseer en sy nuutste boek, wat op die veiligheid van alle gemeenskappe in Suid-Afrika fokus, het onlangs die lig gesien.

Dié boek van 945 bladsye word bestempel as ’n bloudruk vir enige landelike of stedelike gemeenskap in ons land om sy veiligheid te verskerp en lewens te beskerm.

“Dit was belangrik om met ’n plan vorendag te kon kom wat fokus op veiligheid en sekuriteit, maar wat die fokus op elke gebied kan plaas. Dit behels dat ’n mens die gemeenskap, sy samestelling, demografie, omgewing en bedreiging goed moet ken,” vertel De Vries aan Standard.

Robertson gaan ook eersdaags met ’n projek begin wat geskoei is op die plan wat hierdie boek uiteensit om beter veiligheid en bewustheid te kweek.

“Dit is hartseer, maar ons land en die mense wat ons moet veilig hou, het beheer verloor. Dit raak by die dag erger. Nou moet ons opstaan, nou moet ons fokus en nou moet ons self inspring en mense begin help.”

’n Nasionale plan om gemeenskappe te beveilig, word in die boek van stapel gestuur. Dit is geskoei op werk wat hy al in baie weerlose gemeenskappe reg oor die land heen gedoen het. Die boek bevat sy kennis oor veiligheid en ’n kundige span individue en instansies deel ook hul gevoel, mening en raad.

“Die media berig daagliks oor gewelddadige aanvalle en moord op onskuldige mense. Hierdie boek is ’n volledige doktrine vir die bemagtiging van gemeenskappe ter selfbeskerming. Elkeen wat deur misdaad-terreur in Suid Afrika bedreig word, moet van hierdie boek kennis neem,” sê De Vries.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Worcester Standard Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.