Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Boekwurms kan weer lees

Biblioteke is sedert Augustus weer oop en mense wat nog nie ’n draai gemaak het by dié fasiliteit nie, word aangemoedig om boeke uit te neem.

As jou boeke laat is, sal daar ook nie ’n boete gehef word nie.

Ongelukkig is Esselen-biblioteek nog toe omdat toerusting tydens die inperking gesteel is en dit ’n tydjie gaan neem om dit te vervang. Lede van dié biblioteek kan by enige van die ander takke boeke gaan uitneem.

Mense mag nog nie sit en lees nie en ’n beperkte aantal gebruikers sal by die rekenaars toegelaat word weens die Covid-19-regulasies.

Die volgende biblioteke is weeksdae van 09:30 tot 17:00 oop: Avianpark, Worcester, Zwelethemba, Goudini, De Doorns, Touwsrivier en Steenvliet.

Die volgende biblioteke is van 08:30 tot 16:30 oop: Slanghoek, Fairhills, Sandhills, Hexvallei-mini-biblioteek.

Overhex-mini-biblioteek sal op 11 en 28 November van 08:30 tot 16:30 oop wees en op 9 en 23 Desember van 08:30 tot 16:30.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Worcester Standard Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.