’n Prettige en kleurvolle drafstap word eersdaags ten bate van Kansa in die hartjie van die Breedevallei gehou.
Kansa is ’n organisasie sonder winsbejag wat daarna streef om nie net bewustheid oor kanker te bevorder nie, maar ook kankerpasiënte en hul versorgers te ondersteun.
Op 17 Augustus sal oud en jonk in die Mountain Mill-sentrum se piekniek-area bymekaarkom ten bate van die jaarlikse Cansa Relay for Life wat later vanjaar gehou word.
Die Bubble Rainbow Run beloof om ’n dag van musiek, pret en kleur te wees wat sodoende die gemeenskap bymekaar sal bring.
Nie net sal die dag vol borrels en kleurstof wees nie, maar daar sal ook spesiale pryse en verrassings wees.
Al wat jy nodig het, is ’n wit T-hemp, droë klere en hope energie.
Die 5 km-pretloop sal volwassenes maar net R50 uit die sak jaag en R25 per kind onder 12 kos.
Inskrywings kan deur die webtuiste www.onlineentry.co.za gedoen word en sal tot op die dag van die drafstap aanvaar word.
Inskrywings kan ook by die Mountain Mill-inligtingstoonbank gedoen word.
Kansa kan by 023 342 7058 geskakel word vir verdere inligting.