Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Botha-moordsaak dalk gou na hooggeregshof verwys

Die 21-jarige verdagte in die Rozel Botha-moordsaak het Vrydag 29 November in die Worcester-landdroshof verskyn.

Die saak is uitgestel en sal moontlik na die Wes-Kaapse hooggeregshof verwys word.

Botha is Saterdag 17 Augustus helder oordag wreed in haar woonstel in die Chanhym Hof-kompleks in Russellstraat vermoor. Volgens die voormalige polisiewoordvoerder van Worcester, AO Julian Plaatjies, word vermoed dat die verdagte die slagoffer van die dorp af agtervolg het. “Die deur van die oorledene (se woonstel) is oopgetrap om toegang te verkry en bewyse in die huis dui op ’n worsteling,” het Plaatjies in ’n verklaring gesê.

Plaatjies het ook gesê ’n voorlopige ondersoek op die toneel het onthul dat Botha veelvuldige steekwonde opgedoen het. Sy is op die toneel dood verklaar.

Die saak is tot 10 Desember uitgestel en sal waarskynlik na die Wes-Kaapse hooggeregshof oorgeplaas word.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Worcester Standard Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.