Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Botsing reg van voor eis een; nog 10 beseer

Een persoon is dood en tien beseer in ’n botsing reg van voor op die N1 tussen De Doorns en Touwsrivier. Die botsing het Dinsdagoggend gebeur.

Die Wes-Kaapse verkeershoof, Kenny Africa, sê die botsing het by die Montagu-afdraai gebeur.

“ ’n Passasiersbus en bakkie was betrokke. Die bakkie het uitgebrand en die bestuurder is oorlede.”

Die verkeer is op die toneel beheer.

’n Woordvoerder van ER24, Russel Meiring, sê toe nooddienswerkers op die toneel aankom, het die passasiers reeds uit die bus geklim.

“Die bakkie was ’n wrak en die bestuurder het talle beserings opgedoen.

“Die passasiers van die bus is op die toneel ondersoek. Slegs tien het beserings opgedoen en is na die Worcester-hospitaal geneem.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Worcester Standard Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.