Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Brandstigting vermoed; man dood
brand spokiesdorp


’n Brand wat Dinsdag in die vroeë oggendure in Rawsonville na bewering opsetlik gestig is, het ses gesinne dakloos gelaat en die lewe van ’n man geëis.

Die brand, wat ongeveer 01:00 in Spokiesdorp uitgebreek het, het ses huise verswelg en was ’n traumatiese gebeurtenis vir die inwoners.

Toe die Breedevallei-brandweer by die huis aankom, was die huise reeds deur die vlamme verwoes en nie veel kon gered word nie.

Volgens familielede is die 23-jarige Michael Tieman dood nadat hy nie betyds uit die huis kon kom nie.

“Hy was ’n goeie seun. Hy het nooit moeilikheid gemaak nie en was nie betrokke by enige verkeerde dinge nie. Hy het altyd almal om hom laat lag en was baie saggeaard,” sê die jong man se oupa, Benjamin Booysen.

“Ons het nog geen begrafnis­reëlings vir Michael getref nie,” het Booysen gesê.

Die toneel van die brand waar ses gesinne van Spokiesdorp hul woonplek verloor het. Foto: JP Myburg

Vier vroue en ses mans het in die informele huisies gewoon.

Een van die inwoners, Hendrik Sols, se vrou, Anna Sols, het vreeslik geskree en gesê iets brand. Almal het hulle na buite gehaas, maar kon nie betyds enige besittings red nie.

Die inwoners moes hulpeloos toekyk hoe die vlammehel alles wat hulle besit het, tot die grond toe afbrand.

Die inwoners van die informele huise is erg omgekrap en meen dit brand is deur brandstigting van een van die inwoners veroorsaak.

“Een van die vroue wat hier woon, het ons almal ’n ruk gelede gedreig en gesê sy gaan een van die dae die hele plek aan die brand steek,” vertel een van die inwoners.

brandstigting vermoed
’n Brand wat Dinsdag in Rawsonville uitgebreek het, het ses gesinne dakloos gelaat en een lewe geëis. Hendrik Sols wys waar sy huis eers gestaan het en hoe hy al sy besittings in die verwoestende brand verloor het. Foto: JP Myburg

Lt.kol. Ciprianus van der Westhuizen, ’n woordvoerder van die Rawsonville-polisie, sê ’n vroulike inwoner van een van die informele huise het na bewering ’n stuk koerant aan die brand gesteek wat toe die brand veroorsaak het.

Teen druktyd kon die Rawsonville-polisie nog nie bevestig of ’n saak van brandstigting ondersoek word nie.. Enigiemand wat klere, kos of ander benodigdhede kan bydra, is welkom om skenkings by Rawsonville NG gemeente af te gee of Letia Carstens by 076 308 0762 te bel.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Worcester Standard Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.