Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
‘Brandwacht- verkragter’ gee hom oor

Die beweerde “Brandwacht-verkrag­ter” het hom by die Worcester-polisiekantoor oorgegee nadat die polisie en plaaslike sekerheidsmaat­skappye weke lank na hom gesoek het.

Standard het verneem die beweerde verkragter het in die bos naby Worcester-Wes geskuil.

“Ons kan bevestig dat ’n man wat by die verkragting van ’n 46-jarige vrou op 25 Julie betrek word, in hegtenis geneem is. Die polisie was weke lank op soek na dié verdagte in die saak en hy het hom Maandag (7 September) oorgegee,” sê sers. Annelize October, die Worcester-polisiewoordvoerder.

Die slagoffer is glo op die betrokke Saterdag op die Brandwacht-pad naby die botaniese tuin agtervolg en die verdagte het die vrou in die bosse ingesleep en vasgemaak.

Hy het haar met haar skoenveters vasgemaak en verkrag.

Ander artikels soos die vrou se selfoon en oorfone is ook gebuit en die verdagte het ná die voorval op ’n fiets van die toneel af gevlug.

“Die verdagte werk tans saam met die polisiebeamptes en gaan glo ’n bekentenis oor die gebeure aflê.

“Alles word op kamera vasgevang en dit is ’n baie lang proses om seker te maak dat alles wat gebeur het, gedek word.”

Standard het verder verneem dat die gemeenskap en ander rolspelers ’n reuserol in die soektog na die beweerde verkragter gespeel het.

“Dit was vir ons baie belangrik om saam te werk om die man vas te trek as gemeenskap.

“Hy ken egter die bos in die omgewing baie goed en dit was dus nie ’n maklike taak nie,” vertel ’n gemeenskapslid van Worcester-Wes.

Standard het verder verneem dat die man vir homself ’n klomp klere in die bos versteek het en elke keer sy klere gewissel het sodat hy nie uitgeken kan word nie.

Standard het verneem dat die man ook beserings opgedoen het terwyl hy die polisie vir die laaste paar weke ontduik het.

“Ons is nou rustiger omdat hy vasgetrek is aangesien ons die laaste paar weke op hete kole was. Ons kan nou weer in die buurt stap en kalm wees,” vertel ’n inwoner van Worcester-Wes.

Die verdagte het Woensdag (9 September) vlugtig in die Worcester-landdroshof verskyn en word aangehou.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Worcester Standard Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.