Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Breedevallei kry sy eie belastingbetalersvereniging

Die nuutgestigte Breedevallei-belastingbetalersvereniging (BVB) is Vrydag 4 Junie deur Jaap Kelder, die voorsitter van die Nasionale Belastingbetalersunie, toegespreek.

Suid-Afrika het tans meer as 200 belastingbetalersverenigings.

Volgens Kelder ontstaan belastingbetalersverenigings deur tekortkomings by munisipaliteite, soos onderbrekings in watervoorsiening, ernstige rioolprobleme, probleme met paaie, die verwydering van afval en die implementering van eiendomsbelasting.

“Dienslewering het sodanig verswak dat inwoners die hele land oor sê ‘genoeg is nou genoeg!’ Ons gaan nie saamgaan met die algemene agteruitgang van ons munisipaliteite nie,” sê Kelder.

Hy het bygevoeg: “Die ideaal is dat elke dorp vir homself verantwoordelikheid moet neem en ontslae moet raak van hierdie mislukte politieke stelsel en dat die inwoners weer in beheer van sake kom.”

Volgens Matie Boonzaaier, voorsitter van die BVB, is die vereniging op 20 Mei gestig met die doel om die belange van die belastingbetalers en inwoners van die Breedevallei in die algemeen te dien en na te streef.

Boonzaaier sê die BVB is ’n gemeenskapsgebaseerde nie-politieke organisasie.

Die grondwet van die vereniging lui soos volg:

“Om as spreekbuis vir alle belastingbetalers en inwoners op te tree; om knelpunte en fokuspunte te identifiseer en in belang van belastingbetalers en inwoners van die Breedevallei aan te spreek; om te skakel met die Breedevallei-munisipaliteit, ander munisipaliteite en plaaslike owerhede ten einde inligting uit te ruil en op te tree in belang van belastingbetalers en inwoners; om te kommunikeer, te koördineer en te affilieer met die Nasionale Belastingbetalersunie; om die nodige strukture ten einde regsgeldig op te tree, daar te stel; om die stigting van ander dergelike verenigings landswyd aan te moedig asook om geld in te samel in belang van die BVB ten uitvoering van bogenoemde.”

Enigiemand wat vrae het of by die Breedevallei-belastingbetalersvereniging wil aansluit, kan Matie Boonzaaier by 084 678 8810 bel.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Worcester Standard Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.